Ronald McNair
Ronald Erwin McNair (21 Oktober 1950 – 28 Januarie 1986) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder en fisikus van NASA. Hy het gesterf tydens die lansering van die pendeltuig Challenger op missie STS-51-L, waarin hy as een van drie sendingspesialiste in 'n bemanning van sewe gedien het.
![](../I/Ronald_McNair%252C_Guion_Bluford%252C_and_Fred_Gregory_(S79-36529%252C_restoration).jpg.webp)
Voor die Challenger-ramp het hy vanaf 3 Februarie tot 11 Februarie 1984 as 'n sendingspesialis op STS-41-B aan boord van Challenger gevlieg, en die tweede Afro-Amerikaner geword wat in die ruimte gevlieg het.
![](../I/Challenger_flight_51-l_crew.jpg.webp)
Ruimtevaarderloopbaan
In 1978 is McNair gekies as een van vyf-en-dertig aansoekers uit 'n poel van tienduisend vir die NASA-ruimtevaarderprogram. Hy het van 3 Februarie tot 11 Februarie 1984 as 'n sendingspesialis op STS-41-B aan boord van Challenger gevlieg en die tweede Afro-Amerikaner geword wat in die ruimte gevlieg het.
![](../I/Astronaut_candidates_Ronald_McNair%252C_Guion_Bluford%252C_and_Frederick_Gregory.jpg.webp)