Perdefroetang
Die perdefroetang (Romulea rosea (L.) Eckl.) is 'n plantjie wat endemies aan die Suid-Afrikaanse provinsies Wes-Kaap en Oos-Kaap is. Dit is 'n geofiet. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]
Perdefroetang | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Crocoideae |
Genus: | |
Spesie: | R. rosea |
Binomiale naam | |
Romulea rosea (L.) Eckl., (1827) | |
SANBI onderskei vyf subspesies:
- Romulea rosea (L.) Eckl. var. australis (Ewart) M.P.de Vos
- Romulea rosea (L.) Eckl. var. communis M.P.de Vos
- Romulea rosea (L.) Eckl. var. elegans (Klatt) Bég.
- Romulea rosea (L.) Eckl. var. muirii (N.E.Br.) J.C.Manning & Goldblatt
- Romulea rosea (L.) Eckl. var. rosea
Hierdie plantjie is een van die froetangs of knikkertjies van die genus Romulea. Dit het 3-6 baie smal blare wat taamlik dig en tot 15 cm lank is. Die blomme is pienk tot pers en stingelloos. Hulle het 'n geel hart. Dit kom in fynbos en renosterveld voor teen sanderige kleihellings en -vlaktes. Die vrugte is eetbaar.[2]
Fotogalery
- Vrugte van Romulea rosea
- Bol
- Blom
Verwysings
- "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020.
- Overberg renosterveld.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Romulea rosea. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.