Romantiek
Die Romantiek is 'n kuns- en intellektuele beweging wat in die laat 18de eeu in Wes-Europa ontstaan het. Deels 'n opstand teen aristokratiese, maatskaplike en politiese norme van die Verligting en 'n reaksie teen die rasionalisering van die natuur, in kuns en letterkunde, het dit klem gelê op sterk emosie as 'n bron van estetiese ondervinding, en is nuwe klem gelê op emosies soos angs, afsku, en die ontsag waarmee mens vervul word wanneer die sublieme van die natuur ondervind word. Dit het volkskuns, die natuur en tradisionele gebruike verhef, en betoog vir 'n epistemologie gegrond op gebruik en gewoonte. Dit is beïnvloed deur idees uit die Verligting en verhewe middeleeuse gees en elemente na kuns en verhaal aangesien as middeleeus. Die naam "Romantiek" self kom van die term "romanse" wat verwys na 'n prosa of poëtiese verhaal met oorsprong in middeleeuse letterkunde en letterkunde uit die Romantiek.
Daar word geglo dat die ideologieë en gebeure van die Franse Revolusie die beweging beïnvloed het. Die Romantiek het die prestasies van wat gesien is as heroïese misverstane individue en kunstenaars wat die samelewing verander het, opgehef. Dit het ook die individuele verbeelding erken as 'n kritiese outoriteit wat vryheid van klassieke gedagtes oor vorm in kuns. Daar is sterk beroep gemaak op historiese en natuurlike onvermydelikheid in die voorstel van die idees daarvan.
Eienskappe
In die algemene sin verwys die Romantiek na na verskeie onderskeibare groepe kunstenaars, digters, skrywers, en musici sowel as politieke, filosofiese en sosiale denkers en neigings van die laat 18de eeu en vroeë 19de eeue in Europa. Die presiese karakterisering en spesifieke beskrywing van die Romantiek was egter die onderwerp van intellektuele geskiedenis en letterkundige geskiedenis vir die hele 20ste eeu sonder dat 'n groot mate van ooreenstemming bereik is. Arthur Lovejoy het gepoog om die moeilikheid van die probleem te demonstreer in sy artikel "On The Discrimination of Romanticisms" in sy Essays in the History of Ideas (1948); sommige vakkundiges sien die romantiek as geheel en al kontinu met die hede, sommige sien dit as die openingsmoment van modernisme, sommige sien dit as die begin van 'n tradisie van weerstand tot die Verligting, en nog andere dateer dit streng tot die direkte nagevolge van die Franse Revolusie. Nog 'n definisie kom van Charles Baudelaire: "Romantiek is presies geleë nog in onderwerpskeuse, nog eksakte waarheid, maar in 'n manier van voel."
Baie intellektuele historici sien die Romantiek as 'n sleutelmoment in die Teen-Verligting se reaksie op die Verligting. Terwyl die denkers van die Verligting die voorrang van deduktiewe rede beklemtoon het, het die Romantiek intuïsie, verbeelding en gevoel beklemtoon, tot so 'n mate dat dit daartoe gelei het dat sommige denkers uit die Romantiek van irrasionalisme beskuldig is.
Romantiek en musiek
In die algemeen beteken die term "Romantiek" wanneer dit op musiek toegepas word musiek uit die periode rofweg van die 1820's tot 1910. Teen die vroeë 20ste eeu was die gevoel dat 'n besliste breuk met die musiek van die verlede gemaak is en is musiek uit die 19de eeu beskou as uit die Romantiek. Die tradisionele moderne bespreking van die musiek van die Romantiek sluit elemente soos die gebruik van volksmusiek in, wat ook in verband staan met die Romantieke Nasionalisme.
Sommige aspekte van die Romantiek is reeds teenwoordig in agtiende-eeuse musiek. Die verhoogde kontras en emosies van Storm en Drang lyk na 'n voorloper van Gotiese in letterkunde, so ook die hartstogtelike elemente van sommige van die operas van die periode van die Franse Revolusie. Die libretto's van Lorenzo da Ponte vir Mozart, en die veelseggende musiek wat laasgenoemde daarvoor geskryf het, dra 'n nuwe sin van individualiteit en vryheid oor. In Beethoven, die Romantiek generasie se ideaal van die kunstenaar as held, het die konsep van die Romantiek musikant begin te voorskyn kom— die man wat die Keiser Napoleon self moreel uitgedaag het deur hom te skrap uit die toewyding van die Eroica Simfonie. In Beethoven se Fidelio skep hy die apoteosis van die 'reddingsoperas', wat 'n ander kenmerk van Franse musikale kultuur was gedurende die revolusionêre periode, om 'n gesang op te dra tot tot die vryheid wat die denke van al die radikale kunstenaars in die jare van hoop na die Kongres van Wene ondersteun het.
Die romantieke musikant het 'n openbare loopbaan gevolg en was meer sensitief tot middel-klas gehore as die adellike weldoener. Openbare persoonlikhede het 'n nuwe generasie van virtuose gekenmerk wat opgang gemaak het as soliste, verpersoonlik in die loopbane van Paganini en Liszt.
Beethoven se gebruik van tonale argitektuur wat 'n beduidende uitbreiding van musikale vorme en strukture moontlik gemaak het, is onmiddellik raakgesien vir die nuwe dimensie wat dit aan musiek verleen. Die latere klaviermusiek en strykkwartette het veral die weg gebaan vir geheel en al 'n onverkende musikale heelal. Die skrywer, kritikus, en komponis, Hoffmann, kon vir die eerste keer skryf oor die verhewenheid van instrumentale musiek oor vokale musiek in uitdrukkingsvermoë, 'n konsep wat te vore as absurd beskou sou wees. Hoffmann self, as 'n beoefenaar van beide musiek en literatuur, het die gedagte van musiek as 'programmaties' of verhalend aangemoedig, 'n idee wat nuwe gehore aantreklik gevind het, hoe irriterend dit ook al vir sommige komponiste was (b.v.. Felix Mendelssohn). Nuwe ontwikkelings in instrumentale tegnologie in die vroeë negentiende eeu—ysterrame vir klaviere, metaalsnare vir strykinstrumente—het harder dinamika, meer gevarieerde toonkleure, en die potensiaal vir sensasionele virtuositeit teweeg gebring. Sulke ontwikkelings het die lengte van musiekstukke laat swel, nuwe programmatiese titels ingevoer, en het nuwe genres geskep soos die vrystaande overture of toon-gedig, die klavierfantasie, nokturne en rapsodie, en die virtuose konsert, wat sentraal geword het tot musikale romantiek.
In opera is 'n nuwe Romantieke atmosfeer bereik wat bonatuurlike vrees en melodramatiese verhaal in 'n volkskunskonteks kombineer, en is mees geslaagd deur Weber se Der Freischütz (1817, 1821) bereik. Verrykte timbre en kleur het die vroeë orkestrasie van Hector Berlioz in Frankryk en die groot operas van Meyerbeer gekenmerk. Onder die radikale randgroep wat spottenderwys as "kunstenaars van die toekoms" beskryf is, het Liszt en Wagner elkeen die Romantieke kultus van die vrye, geïnspireerde, charismatiese, moontlik onverskrokke, onkonvensionele, individuele, kunstige persoonlikheid beliggaam.
Visuele kuns en letterkunde
In visuele kuns en letterkunde verwys die woord 'Romantiek' tipies na die laat 18de eeu en die 19de eeu.
Die Skotse digter James Macpherson het die vroeë ontwikkeling van die Romantiek beïnvloed met die internasionale sukses van sy Ossian digsiklus wat in 1762 voltooi is en het beide Goethe en die jong Walter Scott geïnspireer.
'n Vroeë Duitse invloed het van Johann Wolfgang von Goethe gekom wie se roman in 1774 Die Leiden des jungen Werthers daartoe gelei het dat mans in die hele Europa die protagonis, 'n jong kunstenaar met 'n sensitiewe en vurige temperament, geëmuleer het. Op daardie stadium was Duitsland 'n menigte van klein aparte state en Goethe se werk sou 'n enorme invloed hê in die ontwikkeling van 'n verenigde sin van nasionalisme. Belangrike skrywers van vroeë Duitse romantisisme was Ludwig Tieck, Novalis (Heinrich von Ofterdingen, 1799) en Friedrich Hölderlin. Heidelberg het later 'n sentrum van Duitse Romantiek geword, waar skrywers en digters soos Clemens Brentano, Achim von Arnim en Joseph von Eichendorff gereeld in literêre kringe ontmoet het. Aangesien die Romantisiste die Verligting teëgestaan het, het hulle baie keer gefokus op emosies en drome (teenoor rasionalisme) in hulle werk. Ander belangrike motiewe in Duitse Romantiek is reis, die natuur en antieke mites. Die laat Duitse Romantiek was effens donkerder in die motiewe wat dit gehad het en het sommige gotiese elemente.
Romantisisme in Britse letterkunde het effens later in 'n ander vorm ontwikkel. Dit word meestal geassosieer met die digters William Wordsworth en Samuel Taylor Coleridge, wie se medegeskryfde boek "Lyrical Ballads" (1798) gepoog het om Augustiaanse digkuns te verwerp ten gunste van meer direkte spraak afgelei van volkstradisies. Beide digters was ook betrokke in utopiese anti-sosiale denke wat op die Franse Revolusie gevolg het. Die digter en skilder William Blake is die mees ekstreme voorbeeld van die Romantieke denkwyse in Brittanje, verpersoonlik in sy stelling dat “I must create a system or be enslaved by another man's”. Blake se kunstige werk is ook sterk beïnvloed deur die Middeleeuse versierde manuskripte. Die skilders J.M.W. Turner en John Constable word ook in die algemeen met die Romantiek geassosieer. Lord Byron, Percy Bysshe Shelley, Mary Shelley en John Keats verteenwoordig nog 'n fase van die Romantiek in Brittanje. Die historikus Thomas Carlyle en die Pre-Rafaelietiese Broederskap verteenwoordig die laaste fase van transformasie na die Victoriaanse kultuur. William Butler Yeats, wat in 1865 gebore is, het na sy generasie verwys as "die laaste romantiekes."
In hoofsaaklik Rooms-Katolieke lande was Romantisisme minder opmerklik as in Duitsland en Brittanje, en het dit geneig om later te ontwikkel, na die opkoms van Napoleon. François-René de Chateaubriand word baie keer die "Vader van die Franse Romantiek" genoem. In Frankryk word die beweging geassosieer met die 19de eeu, veral in die skilderye van Théodore Géricault en Eugène Delacroix, die dramas en gedigte, en romans van Victor Hugo (soos Les Misérables), en die romans van Stendhal. Die komponis Hector Berlioz word ook as belangrik geag.
In Rusland was die hooffiguur van die Romantiek Aleksander Poesjkin. Michail Lermontof het gepoog om die diepste redes vir die idees van metafisiese ontevredenheid met die samelewing en die self van die Romantiek te analiseer, is sterk beïnvloed deur Lord Byron. Die digter Fyodor Tyutchev was ook 'n belangrike figuur van die beweging in Rusland en is sterk beïnvloed deur die Duitse Romantiekes.
Die Romantiek het 'n belangrike rol gespeel in die nasionale ontwaking van baie Sentraal-Europese volke wat nie hulle eie nasionale state gehad het nie. 'n Voorbeeld is Pole wat sy onafhanklikheid kort te vore aan Rusland verloor het toe die Russiese weermag die Poolse Rebellie onderdruk het. Die herlewing van antieke mites, gebruike en tradisies deur Romantiese digters en skilders het gehelp om hulle inheemse kulture van die van die dominante nasies (Russe, Duitsers, Oostenrykers, Turke, ens.). Patriotisme, nasionalisme, revolusie en gewapende stryd vir onafhanklikheid het ook gewilde temas in die kuns van die periode. Moontlik was Adam Mickiewicz die mees vername Romantiese digter uit dié deel van Europa. Hy het 'n idee ontwikkel dat Pole die Messias van Nasies was wat vooruit bestem was om soos Jesus van Nasaret te ly.