Roman (vis)

Die roman (Chrysoblephus laticeps) is 'n vis wat endemies is aan die ooskus vanaf Kaapstad tot by Port St. Johns. Die gemiddelde grootte van die vis is 30 cm, maar kan tot 50 cm lank en 4,2 kg swaar word. Die vis is oranje van kleur met 'n wit streep oor die rug en die kieue van die vis. Die vis staan ook bekend as die rooiroman.

Rooiroman
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Chrysoblephus
Spesie:
C. laticeps
Binomiale naam
Chrysoblephus laticeps

Hulle leef in rotsriwwe in water van 5 tot 100 m diep. Die onvolwasse vissies leef in beskutte water. Die vis is 'n gewilde hengelvis maar word selde van die land af gevang.

Sien ook

Bronne

  • Van der Elst, Rudy. First Field Guide to Fishes of Southern Africa. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
  • Van der Elst, Rudy & King, Dennis. Sea Fishes of Southern Africa. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Rosenthal, Eric. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.