Rolroer

'n Rolroer is 'n oppervlak wat met 'n skarnier aan die afstroomkant van 'n vliegtuigvlerk vasgeheg is. 'n Vliegtuig se twee rolroere word tipies aanmekaar verbind op so 'n wyse dat as die een styg die ander een daal. Die dalende rolroer verhoog die stukrag op daardie vlerk en die stygende roer verlaag die stukrag op die ander vlerk, wat dan 'n rolmoment rondom die vliegtuig se longitudinale as tot gevolg het.[1]

Verwysings

  1. Kermode, A.C. (1972), Mechanics of Flight, Chapter 9 (8th edition), Pitman Publishing Limited, London. ISBN 0-273-31623-0

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.