Roermond

Roermond (Limburgs: Remunj, Remuunj) is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat aan die Maas-rivier en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale grens. Die munisipale gebied het sowat 56 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 71 km².

Roermond
Munisipaliteit
Maasplassen
Maasplassen
Vlag van Roermond
Vlag
Wapen van Roermond
Wapen
Ligging van Roermond-munisipaliteit in Limburg
Ligging van Roermond-munisipaliteit in Limburg
Koördinate: 51°12′00″N 5°59′00″O
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Limburg
Regering
  BurgemeesterRianne Donders-de Leest (CDA)
Oppervlak
  Totaal71,19 km2 (27,49 vk. myl)
  Land60,91 km2 (23,52 vk. myl)
  Water10,28 km2 (3,97 vk. myl)
Bevolking
  Totaal56 255
  Digtheid924/km2 (2 393,1/vk. myl)
Poskode
6040-6049 en 6070-6071
Skakelkodes0475
Webwerfwww.roermond.nl

Die stad Roermond het in 1231 stadsregte gekry. Vroeër was die stad 'n deel van die hertogdom Gelre en die (Spaanse en Oostenrykse) Suidelike Nederlande gewees. Sedert 1814 behoort die stad tot Nederland, met die uitsondering van 1830 tot 1839, toe die stad van België deel uitgemaak het.

In die stad Roermond vloei die Roer-rivier in die Maas.

Plekke

Plekke in die munisipale gebied van Roermond:
Aan de Rijksweg, Asenray, Asselt, Boukoul, De Weerd, Einde, Herten, Leeuwen, Maasniel, Merum, Ool, Roermond (stad), Swalmen en Wieler.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.