Roemeens
Roemeens (română, limba română [ˈlimba roˈmɨnə] , soms ook Dakoroemeens genoem) maak deel uit van die ondergroep van die Balkanromaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die meerderheids- en ampstaal van Roemenië en Moldowa.
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roemene.
Roemeens limba română | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Roemenië Moldowa Serwië Bulgarye Griekeland Hongarye Oekraïne Israel | |
Gebied: | Suidoos-Europa | |
Totale sprekers: | 24 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Italies Romaans Balkanromaans Roemeens | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Roemenië Moldowa | |
Gereguleer deur: | Academia Română Academia de Ştiinţe a Moldovei | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ro | |
ISO 639-2: | rum/ron | |
ISO 639-3: | ron | |
In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word.
Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkse tale, Nieu-Grieks, Albanees, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is; 'n fonetiese spelling wat danksy die groot aantal klinkers baie ooreenkomste met Italiaans toon en van Roemeens in akoestiese opsig die mees presiese van alle Romaanse tale maak; die gebrek aan 'n vaste woordaksent; die gebruik van die bepaalde lidwoord as agtervoegsel (net soos in die aangrensende, nie-Romaanse Bulgaars) en die bewaring van 'n onsydige naas die manlike en vroulike geslag, net soos in Latyn.
Roemeens word oorwegend met die Latynse alfabet geskryf, net in die omstrede gebied van Transnistrië word die Cyrilliese alfabet gebruik.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Romanian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 18 Maart 2016.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roemeens.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Roemeens.
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale | ||
---|---|---|
Italiese groep | Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn | |
Romaanse tale | ||
Iberoromaans | Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans | |
Galloromaans | Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals Frankoprovensaals | |
Galloitalies | Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans | |
Retoromaans | Romansch | Ladinies | Friulaans | |
Italoromaans | Dalmaties | Italiaans | Napolitaans | |
Suid-Romaans | Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans | |
Balkanromaans | Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens | |
Romaanse Kunstale |
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova |