Rodium

Rodium is 'n chemiese element met die simbool: Rh. Dit het 'n atoomgetal van 45. Die element is 'n skaars silwerwit, harde oorgangsmetaal en is 'n lid van die platinumgroep. Rodium word aangetref in platinumertse en word gebruik in legerings saam met platinum en ook as 'n katalisator. Dit is die duurste edelmetaal.[1]

45 rutenium rodium palladium
Co

Rh

Ir
Algemeen
Naam, simbool, getal rodium, Rh, 45
Chemiese reeksoorgangsmetale
Groep, periode, blok 9, 5, d
Voorkomssilwerige wit metaal
Atoommassa102.90550 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie[Kr] 4d8 5s1
Elektrone per skil2, 8, 18, 16, 1
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)12.41 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p.10.7 g/cm³
Smeltpunt2237 K
(1964 °C)
Kookpunt3968 K
(3695 °C)
Smeltingswarmte26.59 kJ/mol
Verdampingswarmte494 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 24.98 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K228824962749306334053997
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
RuimtegroepFm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kodeA1
Oksidasietoestande2, 3, 4
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit2.28 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 719.7 kJ/mol
2de: 1740 kJ/mol
3de: 2997 kJ/mol
Atoomradius135 pm
Atoomradius (ber.)173 pm
Kovalente radius135 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkinggeen data
Elektriese resistiwiteit(20 °C) 43.3 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 150 W/(m·K)
Termiese uitsetting(25 °C) 8.2 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf)(20 °C) 4700 m/s
Young se modulus275 GPa
Skuifmodulus150 GPa
Massamodulus380 GPa
Poissonverhouding0.26
Mohs se hardheid6.0
Vickers hardheid1246 MPa
Brinell hardheid1100 MPa
CAS-registernommer7440-16-6
Vernaamste isotope
Isotope van Rodium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
99Rh sin 16.1 d e - 99Ru
? 0.089, 0.353,
0.528
-
101mRh sin 4.34 d e - 101Ru
IO 0.157 101Rh
? 0.306, 0.545 -
101Rh sin 3.3 y e - 101Ru
? 0.127, 0.198,
0.325
-
102mRh sin 2.9 j e - 102Ru
? 0.475, 0.631,
0.697, 1.046
-
102Rh sin 207 d e - 102Ru
ß+ 0.826, 1.301 102Ru
ß- 1.151 102Pd
? 0.475, 0.628 -
103Rh 100% Rh is stabiel met 58 neutrone
105Rh sin 35.36 h ß- 0.247, 0.260,
0.566
105Pd
? 0.306, 0.318 -
Portaal Chemie

Kenmerkende eienskappe

Rodium is 'n silwerwit, harde, duursame metaal met 'n hoë weerkaatsingsvermoë. Rodium-metaal vorm nie normaalweg 'n oksied nie, selfs al word dit verhit. Suurstof word uit die atmosfeer geabsorbeer by die smeltpunt van rodium, maar wanneer dit stol word die suurstof weer vrygestel.[2] Rodium het 'n hoër smeltpunt en laer digtheid as platinum. Dit word nie deur sure aangeval nie en is geheel en al onoplosbaar in salpetersuur en is net effe oplosbaar in aqua regia. Die volledige oplos van rodiumpoeier word slegs in swaelsuur vermag.

Gebruike

Rodiumfoelie en -draad

Die hoofgebruik van hierdie element is as legeringsmiddel vir die verharding van platinum en palladium. Hierdie legerings word gebruik in hoogoonde, vir glasveselproduksie, termokoppel-elemente, elektrodes vir vliegtuie se vonkproppe en laboratoriumkroesies. Ander gebruik sluit in:

  • Dit word gebruik as 'n kontakmateriaal in skakelaars vanweë sy lae elektriese weerstand, lae en stabiele kontakweerstand en sy hoë korrosiebestandheid.
  • Geplateerde rodium wat deur elektroplatering of verdamping vervaardig word is uiters hard en word gebruik in optiese instrumente.
  • Die metaal word ook in juwele en vir versiering gebruik. Dit word op witgoud en platinum ge-elektroplateer en verleen daaraan 'n glansende wit oppervlak. Dit kan ook gebruik word om sterling silwer te bedek om te keer dat die metaal vlek vanweë die koper wat in die metaal gevind word.
  • Dit is ook 'n baie nuttige katalisator wat in 'n aantal nywerheidsprosesse gebruik word (veral die gebruik van katalitiese stelsels van voertuie se katalitiese omskakelaars en vir die katalitiese karbonilasie van metanol om asynsuur te vervaardig in die Monsanto proses). Dit word gebruik in die katalitiese byvoeging van hidrosilane aan 'n dubbelverbinding, 'n proses wat baie belangrik is vir sekere silikonrubbers.
  • Die kompleksverbinding van 'n rodium-ioon met BINAP verskaf 'n algemeen gebruikte katalisator vir stereoselektiewe sintese, soos in die geval van die sintese van mentol.
  • Dit word ook gebruik as 'n filter in mammografiese stelsels vanweë die kenmerklike x-strale wat dit laat ontstaan.

Geskiedenis

Rodium (Vanaf Griekse rhodon wat "Roos" beteken) is in 1803 deur William Hyde Wollaston,[3] kort na die ontdekking van palladium. Hy het die ontdekking gedoen in Engeland deur gebruik te maak van platinumerts wat hy vermoedelik vanuit Suid-Amerika verkry het. Sy metode het die oplos van die erts in aqua regia, met die daaropvolgende neutralisering van die suur met natriumhidroksied (NaOH) behels. Hy het die platinum dan as ammoniumchloroplatinaat laat neerslaan deur ammoniumchloried (NH4Cl) by te voeg. Die element palladium is as palladiumsianied verwyder deur die oplossing met kwiksianied te behandel. Die oorblywende materiaal was 'n rooi rodium(III)chloried: rodium metaal is uit hierdie verbinding geïsoleer deur reduksie met waterstofgas.

Verspreiding

Gewone mynbou

Die nywerheidsontginning van rodium is 'n ingewikkelde proses aangesien die metaal in ertse voorkom waar dit gemeng is met ander metale soos palladium, silwer, platinum en goud. Dit word aangetref in platinumertse en in die vrye toestand is dit 'n inerte wit metaal wat baie moeilik is om te smelt. Hoofbronne van hierdie erts word in Suid-Afrika, in die riviersand van die Oeralgebergtes, in Noord- en Suid-Amerika en ook in die koper-nikkelsulfied mynbougebied van Sudbury, Ontario. Alhoewel die hoeveelhede te Sudbury baie min is, is die ontginning daarvan steeds kostedoeltreffend vanweë die groot hoeveelhede nikkelerts wat verwerk word. Die hoofuitvoerder van rodium is Suid-Afrika (>80%) met Rusland as die tweede grootste produsent. Die jaarlikse wêreldwye produksie van hierdie element is slegs ongeveer 25 ton en daar bestaan baie min rodiumbevattende minerale. Dit is oor die algemeen baie moeilik om te bepaal of 'n rotsmonster platinumgroepelemente bevat.

Met ingang Oktober 2007 is rodium se prys ongeveer agt keer soveel as dié van goud gewees, 450 duurder as silwer en 27 250 duurder as koper op 'n gewigsbasis. Rodium se prys is gewoonlik ongeveer R 6 500/fyn ons,[4] maar daar was in die afgelope paar jaar skerp stygings wat die prys op ongeveer R 40 300/per fyn ons te staan laat kom het.[5]

As 'n fissieproduk

Dit is ook moontlik om rodium te ontgin vanuit verbruikte kernbrandstof wat rodium (1 kg van die fissieprodukte van 235U bevat 13.3 gram 103Rh. Aangesien gebruikte kernbrandstof ongeveer 3% fissieprodukte op 'n massabasis bevat sal dit ongeveer 400 gram rodium per ton kernafval bevat. Die radio-isotoop van rodium met die langste leeftyd is 102mRh wat 'n halfleeftyd van 2.9 jaar het, terwyl die grondtoestand (102Rh) 'n halfleeftyd van 207 dae het.

Elke kilogram rodium vanuit kernfissie sal 6.62 ng 102Rh en 3.68 ng 102Rh bevat. Aangesien 102Rh met 'n beta-vervalmeganisme na óf 102Ru (80%) ('n mate van Positronrystelling sal plaasvind) óf 102Pd (20%) (gammastraalfotone met ongeveer 1 MeV word uitgestraal).

As die fissiereaksie oombliklik plaasvind dan sal 13.3 gram rodium ongeveer 67.1 MBq of 102Rh en 10.8 MBq 102mRh bevat. Aangesien dit normale praktyk is om afval kernbrandstof vir sowat vyf jaar te laat staan voor herverwerking, sal baie van die aktiwiteit al weggeval het en net sowat 4.7 MBq 102Rh en 5.0 MBq 102mRh bevat. As die rodium-metaal dan vir 'n verdere 20 jaar laat staan word na die fissiereaksie sal die 13.3 gram rodium-metaal ongeveer 1.3 kBq 102Rh en 500 kBq 102mRh bevat. Op die eerste oogopslag sou dit voorkom asof die rodium waarde toevoeg tot die waarde van herverwerkte fissie-afval, maar die koste van die skeiding van rodium vanuit die ander metale behoort oorweeg te word.

Isotope

Rodium wat in die natuurlik voorkom bestaan slegs uit een isotoop, 103Rh. Die mees stabiele radio-isotope is 101Rh met 'n halfleeftyd van 3.3 jaar, 102Rh met 'n halfleeftyd van 207 dae, 102mRh met 'n halfleeftyd van 2.9 jaar en 99Rh met 'n halfleeftyd van 16.1 dae. Twintig ander radio-isotope is al geëien met atoommassas wat wissel tussen 92.926 tot 116.925. Die meeste hiervan het halfleeftye van minder as 'n uur behalwe vir 100Rh (halfleeftyd: 20.8 uur) en 105 (halfleeftyd: 35.36 uur). Daar is ook 'n hele aantal metatoestande met die mees stabiele daarvan 102mRh (0.141 MeV) met 'n halfleeftyd van ongeveer 207 dae en 101mRh (0.157 MeV) met 'n halfleeftyd van 4.34 dae.

Die primêre vervalmodus voor die enigste stabiele isotoop, 103Rh, is elektronvangs en die primêre modus daarna is beta-emissie. Die primêre vervalproduk voor 103Rh is rutenium en die primêre produk daarna is palladium.

Voorsorgmaatreëls

Rodium-metaal is 'n edelmetaal en daarom chemies inert.

Wanneer rodium egter in verbindings voorkom is dit reaktief. Die meeste mense kom nie maklik met rodiumverbindings in aanraking nie maar dit behoort as uiters giftig en karsinogenies beskou te word. Die noodlottige inname (LD50) vir rotte is 12.6 mg/kg rodiumchloried (RhCl2. Rodiumverbindings kan die menslike vel baie kwaai vlek. Die element speel geen biologiese rol by die mens nie. Die onverbonde element kan as skadeloos beskou word.

Verwysings

  1. http://www.taxfreegold.co.uk/preciousmetalpricesindx.html
  2. Emsley, John; Nature's Building Blocks; Hardeband, eerste uitgawe; uitgewer = Oxford University Press; 2001; bladsy 363; ISBN 0-19-850340-7
  3. WebElements – The History of Rhodium
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2007. Besoek op 21 Oktober 2007.
  5. KITCO Rhodium Price Charts

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.