Rock and Roll Hall of Fame
Die Rock and Roll Hall of Fame is 'n museum in Cleveland, Ohio (VSA) wat aan die vaslegging van die geskiedenis van beroemde of invloedryke rock-'n-roll-musici en -betrokkenes gewy is. Die huidige gebou is op 2 September 1995 geopen en is aan die oewer van die Eriemeer in Clevelend ten ooste van die stadion van die Cleveland Browns en die Great Lakes Science Center geleë.
Geskiedenis
Die Rock and Roll Hall of Fame is deur Ahmet Ertegün, Jan Wenner en Suzan Evans opgerig. Sedert 23 Januarie 1986 kom hier jaarliks 'n beperkte aantal mense of groepe by via die Rock and Roll Hall of Fame Induction Ceremony in New York Stad. Oor die opname in die Hall of Fame beslis sowat seshonderd musici en musiekdeskundiges.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.