Robert de Niro
Robert de Niro (gebore 17 Augustus 1943) is 'n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en stemkunstenaar. Van sy bekendste rolprente is: Mean Streets (1973), The Godfather: Part II (1974), Taxi Driver (1976), The Deer Hunter (1978) en meer onlangs Casino (1995) en The Good Shepherd (2006).
Robert de Niro | |
Robert de Niro in 2011 | |
Geboorte | 17 Augustus 1943 New York-stad |
---|---|
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, vervaardiger |
Aktiewe jare | 1959 - nou |
Rolprente | Sien teks. |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Biografie
De Niro is op 17 Augustus 1943 in die New Yorkse buurt Greenwich Village gebore. Hy is die seun van die skilder en beeldhouer Robert de Niro sr. en Virginia Admiral. Sy ouers skei toe hy slegs twee jaar oud was. Daarna woon hy saam met sy moeder in Little Italy (Manhattan). Sy pa het binne loopafstand gewoon en hulle het mekaar gereeld gesien.
Op tienjarige ouderdom kry hy sy eerste toneelervaring in 'n skoolproduksie, waar hy die rol van die lafhartige leeu in die The Wizard of Oz vertolk. Op 14 verlaat hy middelbare skool om 'n lid van 'n straatbende te word. Hierna kry hy toneelopleiding aan die Stella Adler Conservatory of Acting en by Lee Strasberg se Actor's Studio.
Hy maak sy debuut as rolprentakteur in 1963 op 20-jarige ouderdom in The Wedding Party, maar dit is eers in 1969 vrygestel.
Pryse en benoemings
Oscar-pryse
- Wen: Beste Ondersteunende Akteur, The Godfather Part II (1974)
- Benoem: Beste Akteur, Taxi Driver (1976)
- Benoem: Beste Akteur, The Deer Hunter (1978)
- Wen: Beste Akteur, Raging Bull (1980)
- Benoem: Beste Akteur, Awakenings (1990)
- Benoem: Beste Akteur, Cape Fear (1991)
Bafta-pryse
- Benoem: Beste Nuweling, The Godfather Part II (1976)
- Benoem: Beste Akteur, Taxi Driver (1977)
- Benoem: Beste Akteur, The Deer Hunter (1979)
- Benoem: Beste Akteur, Raging Bull (1982)
- Benoem: Beste Akteur, The King of Comedy (1984)
- Benoem: Beste Akteur, Goodfellas (1990)
Eksterne skakels
- Robert de Niro in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Robert de Niro.