Rivier-snapper

Die Rivier-snapper (Lutjanus argentimaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Jeffreysbaai. In Engels staan die vis bekend as die River snapper.

Rivier-snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Lutjanus

Spesie:
L. argentimaculatus
Binomiale naam
Lutjanus argentimaculatus
(Forsskål, 1775)[2]
Sinonieme

Voorkoms

Die vis is groenerig tot rooibruin aan die rugkant en rooierig silwer aan die onderkant. Spesies uit varswater of standmere is gewoonlik donkerder as spesies uit die see. Die rante van die skubbe is silwerig. Die onvolwasse visse het twee blou strepe onder die oë. Die vis word tot 1.2 m lank en weeg dan ten minste 16 kg.

Habitat

Die vis leef in rots en koraalriwwe tot in water wat 120 m diep is. Die onvolwasse visse leef in strandmere en ook in varswater. Die vis is 'n roofvis en vreet visse en skaaldiere. Hulle broei in die lente en somer weg van die kus. Dit is 'n goeie eetvis.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.