Risoïed

Risoïede is strukture in plante en swamme wat soos 'n wortel funksioneer as plant ondersteuner of vir absorbsie.

Risoïede met broedselle van Cephaloziella divaricata
k = jong mosplant, w = die eerste risoïede.

In swamme is risoïede klein vertakende swamdrade wat afwaartse van die uitlopers groei wat die swam anker. Dit stel verterende ensieme vry en absorbeer verteerde organiese materiaal.

In landplant, is risoïede hare wat die plant in die grond anker. In die lewermosse ontbreek dit of is dit enkelsellig, maar in mosse is dit meersellig. In vaatplante word dit baie keer wortelhare genoem en kan dit enkelsellig of meersellig wees.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.