Rio Tapajós
Die Rio Tapajós (Portugees: [ˈʁi.u tɐpɐˈʒɔs]) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 930 km, vloei deur die Brasiliaanse deelstate Pará en Amazonas.
Rio Tapajós | |
---|---|
Die stroomgebied van die Rio Tapajós. | |
Oorsprong | Saamvloei van Rio Juruena en Teles Pires (Brasilië) |
Monding | naby Santarém in die Amasonerivier, Pará, Brasilië |
Stroomgebied | Brasilië (Pará en Amazonas) |
Lengte | 1 930 km (1 199 myl)[1] |
Mondinghoogte | 51 m (167 voet) |
Gemiddelde afloop | 13 500 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 764 183 km² |
Die Rio Tapajós ontstaan deur die saamvloei van die Rio Juruena en die Teles Pires in die deelstaat Pará en vloei aansluitend in sy grootste geheel deur die deelstaat Pará. Die rivier vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Madeira in die weste deur die Amasone-bekken van Brasilië en vorm die grens tussen die deelstate Pará en Amazonas. Aan sy monding in die Amasonerivier is die Rio Tapajós sowat 12 km breed en dus groter as die Amasonerivier, maar ook vlakker. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Santarém, naby die rivier se monding, gevolg deur Itaituba, sowat 400 km suidwes van die Amasonerivier af.
Sytakke
Die grootste sytakke (stroomaf):[3]
- Río Cururu (regs)
- Río Leste (regs)
- Río das Tropas (regs)
- Río Crepori (regs)
- Rio Jamanxim (regs)
- Río Igarapé Açu (regs)
Verwysings
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rio Tapajós.
- (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 7 Maart 2015.
- (pt) Agência Nacional de Águas (ANA) e Secretaria Nacional de Recursos Hídricos (Oorsig)
- (de) Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. ISBN 3-07-508962-1