Rimush
Rimush (of Rimoesj; Akkadies: 𒌷𒈬𒍑, Ri-mu-uš) was die tweede koning van die Akkadiese Ryk. Hy was die seun van koning Sargon. Hy is deur sy broer, Manishtushu, opgevolg[2][3] en was die oom van koning Naram-Sin.
Rimush 𒌷𒈬𒍑 | |
---|---|
Koning van Akkad, koning van Sumer, koning van Kisj | |
![]() | |
Die kop van ’n heerser c. 2300-2000 v.C., Iran of Mesopotamië. | |
Dinastie | Huis van Sargon |
Bewind | c. 2279-2270 v.C. |
Voorganger | Sargon die Grote |
Opvolger | Manishtushu |
Vader | Sargon |
Volgens die Sumeriese Koningslys het hy nege jaar lank regeer (hoewel sommige afskrifte sewe of vyftien jaar aangee). Daar is een jaarnaam vir ’n onbekende jaar tydens sy bewind: "Jaar waarin Adab vernietig is". Volgens tradisie is hy in ’n sluipmoordaanval dood.[4]
Verwysings
- "Head of a ruler". www.metmuseum.org.
- Samuel Noah Kramer (17 September 2010). The Sumerians: Their History, Culture, and Character. University of Chicago Press. ISBN 978-0-226-45238-8.
- Mario Liverani (2002). "Reviewed Work: Mesopotamien. Akkade-Zeit und Ur III-Zeit. Orbis Biblicus et Orientalis 160/3 by Walther Sallaberger, Aage Westenholz, P. Attinger, M. Wäfler". Archiv für Orientforschung. 48/49: 180–181. JSTOR 41668552.
- Ulla Koch-Westenholz (2000). Babylonian Liver Omens: The Chapters Manzazu, Padanu, and Pan Takalti of the Babylonian Extispicy Series Mainly from Assurbanipal's Library. Museum Tusculanum. p. 394.
Skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rimush.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.