Rietvleidam
Rietvleidam is 'n dam in die Rietvleirivier in Gauteng, Suid-Afrika. Die hoofdoel van die dam is om water aan Pretoria te lewer. Die dam is sowat 20 km suidoos van die stad in die Rietvlei Natuurreservaat geleë.
Rietvleidam | |
---|---|
Uitsig oor Rietvleidam | |
Ligging | Pretoria |
Provinsie/Land | Gauteng, Suid-Afrika |
Koördinate | 25°52′36″S 28°15′57″O |
Dam in | Rietvleirivier |
Doel | Huishoudelik |
Konstruksie begin | 1932 |
Openingsdatum | 1934 |
Eienaar | Stad Tshwane |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 32 m |
Lengte van wal | 152 m |
Bakmaat | 12 000 000 m2 |
Reservoir | Rietvleidam reservoir |
Damoppervlak | 187 ha |
Die dam beskik oor 'n inlaattoring vir water en 'n suiweringsaanleg wat onder die damwal geleë is. Die dam voorsien nagenoeg 41 miljoen liter drinkwater per dag,[1] wat ongeveer 5.9% van die water is wat Pretoria daagliks benodig.[2]
Besoekers word by die dam toegelaat wat daar kan kampeer, visvang, fietsry of op die dam met bote te vaar. Die Pretoria Seiljagklub is onder andere hier geleë.
Die damwal is in 1934 met bakstene gebou. Die wal is tussen 1988 en 1990 verhoog deur 'n betonstruktuur oor die bestaande wal te bou.
Verwysings
- "Rietvlei Water Treatment Plant" (PDF). Stad Tshwane. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Oktober 2006. Besoek op 19 Oktober 2008.
- "State of the Environment Report for the City of Tshwane 2001-2002" (PDF). Stad Tshwane. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 24 September 2006. Besoek op 25 November 2008.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.