Rietfontein, Pretoria

Rietfontein is 'n rustige woonbuurt geleë in die Pretoria-Mootomgewing net noord van Pretoria se sentrale besigheidsdistrik. Dit is vermoedelik vernoem na die plaas Rietfontein wat aan die staat verkoop en onderverdeel is.

Rietfontein
Rietfontein is in Gauteng
Rietfontein
Rietfontein
 Rietfontein se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°41′51″S 28°13′9″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Oppervlak
  Totaal4,45 km2 (1,72 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal10 804
  Digtheid2 428/km2 (6 290/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense82,5%
  Indiërs/Asiërs0,7%
  Bruin mense1,8%
  Swart mense13,4%
  Ander1,6%
Taal (2011)
  Afrikaans 78,6%
  Engels 11,0%
  Noord-Sotho 1,5%
  Tswana 1,4%
  Ander 7,5%
Poskode (strate)
0081
Poskode (posbusse)
0043
Skakelkode012

Joachim Petrus Prinsloo was welgesteld en het verskeie plase in die omgewing besit, onder andere Wildebeesfontein, Elandsvlei, Rietfontein, Nasareth, Bankfontein, Ogiesfontein, Prinshof, Klipfontein en Smaldeel.

Van die infrastruktuur wat hier gevind kan word:

  • Die Noordelike Voorstede Tennisklub
  • Hollandia Sokkerklub
  • NG Gemeente Rietfontein-Noord
  • Tom Frates-park
  • Laerskool Rietfontein-Noord
  • Hoër Tegniese Skool John Vorster
  • Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn
  • Queenswood Christian College

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

  1. "Subplek Rietfontein". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.