Richmond, KwaZulu-Natal

Richmond is 'n dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en is 40 km noord van Ixopo.

Richmond
Richmond is in KwaZulu-Natal
Richmond
Richmond
 Richmond se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°52′30″S 30°16′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUMgungundlovu
MunisipaliteitRichmond
Stigting1850
Oppervlak
  Totaal3,37 km2 (1,30 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal494
  Digtheid147/km2 (380/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense9.9%
  Indiërs/Asiërs16.8%
  Bruin mense9.6%
  Swart mense62.7%
  Ander1.0%
Taal (2011)
  Zoeloe 49.2%
  Engels 38.2%
  Xhosa 3.3%
  Afrikaans 2.0%
  Ander 7.4%

Geskiedenis

Joseph Byrne het in 1850 duisende Britse setlaars na Natal gebring. Van die setlaars het hulle gevestig op die oewers van die Illovorivier (nuwer spelling Lovu) waar Richmond tans is. Die setlaars was hoofsaaklik arbeiders van Beaulieu, setel van die hertog van Buccleugh van Engeland. Die nedersetting was aanvanklik Beaulieu-on-the-Illovo genoem maar dit was gou deur die plaaslike mense na Richmond verander; 'n ander landgoed van die Hertog.

'n Takspoorlyn van Thornville het die dorp in 1897 bereik.

Distrik

Die distrik is 1 331 km2 groot en is waterryk. Wattel, suikerriet, pluimvee en suiwel is die belangrikste ekonomiese aktiwitiete. Die plaaslike mense is die amaBacha (dit beteken mense wat wegkruip).

Sien ook

Bronne

  1. "Hoofplek Richmond". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.