Richard E. Grant

Richard E. Grant (gebore op 5 Mei 1957 as Richard Grant Esterhuysen)[1][2] is ’n Swazi-Engelse akteur.[3] Hy het sy rolprentdebuut gemaak as Withnail in die drama Withnail and I (1987). Ander fliekrolle sluit in Jack Seward in Bram Stoker's Dracula (1992) en Zander Rice in Logan (2017). Hy is vir ’n Oscar vir beste byspeler benoem vir sy rol as Jack Hock in Can You Ever Forgive Me? (2018). Op televisie het Grant verskyn in reekse soos Game of Thrones en Doctor Who.

Richard E. Grant
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Grant in 2018.

Geboortenaam Richard Grant Esterhuysen
Geboorte 5 Mei 1957 (1957-05-05)
Mbabane, Swaziland
Nasionaliteit Brits, Swazi
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1980-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Grant is as Richard Grant Esterhuysen in Mbabane, Swaziland (nou eSwatini), gebore.[4][5][6] Hy het in Mbabane skoolgegaan en daarna Engels en drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het sy verhoognaam aangeneem nadat hy na Brittanje verhuis en by Equity geregistreer het.

Verwysings

  1. "STAR PROFILE Richard E Grant". Evening Times. 5 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op 26 Februarie 2019.
  2. The World According To Grant, The Evening Standard Magazine - Friday 17 Januarie 2003
  3. Busy Making Other Plans: Richard E. Grant, stopsmilingonline.com, 21 Junie 2006.
  4. "Richard E. Grant Biography (1957-)". www.filmreference.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 8 Januarie 2018.
  5. "Richard E. Grant Biography – Yahoo! Movies" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2012.
  6. "Richard E Grant: At 11 I caught my mother cheating with dad's best". Evening Standard (in Engels). 20 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2018.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.