Reusereier
Die reusereier (Ardea goliath) is gelokaliseerde algemene standvoël en nomade by mere, damme, groot riviere en riviermondings. In Engels staan die voël bekend as die Goliath Heron.
Reusereier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ardea |
Spesie: | A. goliath |
Binomiale naam | |
Ardea goliath Cretzschmar, 1827 | |
Identifikasie
Die voël is 135 tot 150 cm lank en weeg 3 tot 3.4 kilogram en is die grootste reier. Die snawel is lank, massief en swaar. Die kop, nek en borskant is ryk, kastaiingsbruin en lyk baie soos die kleiner rooireier. Die kop is ongestreep (nie soos rooireier nie) en die bene en snawel is swarterig. Die jong voël is effens valer en minder rooibruin terwyl die voornek, bors, pens en onderdekvere wit is met swart strepe op.
Die voël vlieg, stadig en moeisaam; dit klap sy groot vlerke stadig en diep. Hulle broei alleen of in klein groepies, soms saam met ander reiers.
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika. ISBN 1868729826
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.