Renostervoël
Die twee spesies renostervoëls (genus Buphagus) word deur sommige dierkundiges tot die spreeus (genus Sturnidae) gereken, terwyl ander hulle in 'n afsonderlike familie, Buphagidae, klassifiseer. Hulle het krommer snawels as spreeus en geboë kloue wat baie skerp is.
![](../I/Yellow-billed_oxpeckers_(Buphagus_africanus_africanus)_on_zebra.jpg.webp)
Twee geelbekrenostervoëls (Buphagus africanus) op 'n kwagga
Renostervoël | |
---|---|
![]() | |
'n Rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhyncus) in die Sabi Sand-wildreservaat, Suid-Afrika. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Buphagidae/Sturnidae |
Genus: | |
Spesies | |
Renostervoëls word gewoonlik in die aanwesigheid van groot wildsbokke en beeste aangetref. Hulle leef hoofsaaklik van die bosluise wat hulle van die diere se vel pik. Die grysbruin voëls kom net in Afrika voor en word verteenwoordig deur die rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhyncus), wat 'n rooi snawel het, en die geelbekrenostervoëls (Buphagus africanus), wat 'n geel snawel met ’n rooi punt het.
Sien ook
Bronnelys
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-67-2, volume 26, bl. 124
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Renostervoël.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Renostervoël
- (en) "Oxpecker". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Augustus 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.