Reivilo
Reivilo is 'n klein dorp, 100 km suidwes van Vryburg, in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp was 'n belangrike sentrum van sink- en loodmynbou. Die R371 en die R372-streeksroetes gaan deur die dorp.
Reivilo | |
---|---|
Dorpie | |
![]() ![]() Reivilo ![]() | |
Koördinate: 27°34′S 24°12′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Groter Taung |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,57 km2 (1,76 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 182 |
• Digtheid | 915/km2 (2 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 13.9% |
• Swart mense | 79.7% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 78.0% |
• Afrikaans | 17.6% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 8595 |
Poskode (posbusse) | 8595 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | tourismnorthwest.co.za |
Geskiedenis
Die dorpie het as 'n NG Kerkgemeente begin wat in 1883 gestig is. Die oorspronklike naam was Cathcart-Wes wat in 1890 na Klein Boetsap verander is na aanleiding van die Klein-Boetsaprivier wat 30 km suid van die dorp vloei. In 1917 is die plaas Bruitjieshoogte deur die kerk gekoop en in erwe opgemeet. Die naam is tien jaar later verander na Reivilo. Die naam is afgelei van ds A.J. Olivier; sy van verkeerd om geskryf.
Distrik
Bees- en suiwelboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteite. Die dorp het ook 'n groot kaasfabriek gehad.
Bronne
- Subplek Reivilo Sensus 2011.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.