Regents Park
Regents Park is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë, 4,5 km suidoos van die stadsaal. Dit word begrens deur La Rochelle in die weste en The Hill in die suide.
Regents Park | |
---|---|
![]() ![]() Regents Park ![]() | |
Koördinate: 26°14′17″S 28°4′8″O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,86 km2 (0,33 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 703 |
• Digtheid | 6 631/km2 (17 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.6% |
• Indiërs/Asiërs | 2.7% |
• Bruin mense | 7.8% |
• Swart mense | 76.3% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Engels | 29.2% |
• Zoeloe | 17.4% |
• Xhosa | 10.4% |
• Afrikaans | 6.9% |
• Ander | 36.0% |
Skakelkode | 011 |
Geskiedenis
Regents Park is in 1904 aangelê op die plaas Klipriviersberg en genoem na Regent's Park in Londen. Nes La Rochelle wat eens 'n blanke groepsgebied was, het Regents Park se wit bevolking sedert 1994 skerp afgeneem tot net 12,6% tydens die sensus van 2011, vergeleke met 32,1% in 2001.
Bron
- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
- "Subplek Regents Park". Sensus 2011.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.