Ray Phiri
Ray Phiri (1947–2017) was 'n Suid-Afrikaanse sanger, asook jazz- en mbaqangamusikant. Hy het die groep Cannibals in die 1970's gesig en later ook die groep Stimela begin. Stimela is bekend vir albums soos Fire, Passion and Ecstacy (1991) en Look, Listen and Decide (1992), asook die omstrede album People Don't Talk So Let's Talk. Phiri was ook 'n kitaarspeler vir Paul Simon se Graceland gewees.[1]
Ray Phiri | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Raymond Chikapa Phiri |
Gebore | 23 Maart 1947 Nelspruit |
Sterf | 12 Julie 2017 Nelspruit |
Genres | Mbaqanga, jazz |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 1970–2017 |
Etikette | Gallo, Barclay |
Assosiasies | Stimela, "Just Now" Phiri, Paul Simon |
Lewensloop
Raymond Chikapa Enock Phiri is op 23 Maart 1947 in Nelspruit gebore. Hy was die seun van 'n Malawiese immigrant en 'n Suid-Afrikaanse kitaarspeler, genaamd "Just Now" Phiri.[2]
In die 1970's stig hy die musiekgroep Cannibals. Nadat die groep ontbind het, het hy Stimela gestig. Laasgenoemde het talle platinum- en goue albums gelewer.
In 1985 het Paul Simon hom (asook vir Ladysmith Black Mambazo) gevra om aan sy Graceland-projek deel te neem. Die onderneming was suksesvol en het gehelp om dié musikante in die buiteland bekend te stel. Phiri het ook vir Simon met sy Rhythm of the Saints-album gehelp. In 2012 het Simon 'n Graceland-verjaardagtoer gereël, waaraan Phiri ook deelgeneem het.
Phiri is in 1987 ernstig in 'n ongeluk beseer. Die ongeluk het die lewens van sy musiekbestuurder en ses ander geëis. In 2003 is sy vrou in 'n motorongeluk oorlede, waartydens Phiri weereens ernstig beseer is.[3]
Hy het talle toekennings vir sy musiek ontvang. In 2012 is hy met 'n Sama vir sy lewenslange bydrae tot plaaslike musiek vereer. Hy het ook die Orde van Ikhamanga (silwer) van die president van Suid-Afrika ontvang.
Phiri is op 12 Julie 2017 in Nelspruit (Mbombela) aan longkanker oorlede. Hy was 70 jaar oud.
Diskografie
- 1982: Fire, Passion And Ecstasy
- 1983: Rewind
- 1985: Shadows, Fear And Pain
- 1986: Look, Listen And Decide
- 1987: Unfinished Story
- 1989: Trouble In The Land Of Plenty
- 1996: Out Of The Ashes
- 2000: Steam Tracks (Best of)
- 2001: Live At The Market Theatre – 1st Half (Live)
- 2002: The 2nd Half (Live)
- 2010: A Lifetime...
- 2011: Turn On The Sun
Verwysings
- Ray Phiri sterf op 70, Maroela Media, 12 Julie 2017
- Mojapelo, Max (2008). Beyond Memory: Recording the History, Moments and Memories of South African Music. African Minds. ISBN 978-1-920299-28-6.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Samayende, Sizwe; Arenstein, Justin (23 November 2003). "Phiri's tragic life of car accidents". City Press. Besoek op 15 November 2015.