Randburg
Randburg is 'n groot stad in die noordweste van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika geleë.
Randburg | |
---|---|
Voorstad | |
Beverley Gardens, Randburg | |
Randburg Randburg se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 26°5′37″S 28°0′23″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 167,98 km2 (64,86 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 337 053 |
• Digtheid | 2 007/km2 (5 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 45,7% |
• Indiërs/Asiërs | 7,5% |
• Bruin mense | 8,6% |
• Swart mense | 36,8% |
• Ander | 1,5% |
Taal (2011) | |
• Engels | 52% |
• Afrikaans | 17,6% |
• Zoeloe | 6,6% |
• Tswana | 4,1% |
• Ander | 19,6% |
Poskode (strate) | 2194 |
Poskode (posbusse) | 2125 |
Skakelkode | 011 |
Geskiedenis
Die oorspronklike dorp is op 1 Julie 1959 geproklameer. Die oppervlakte van die dorp was 32 km2 en het bestaan uit 26 voorstede. In 1962 is volle munisipale status toegeken.
Terwyl dit eens op 'n tyd 'n aparte munisipaliteit was, is die stad se openbare administrasie tans deel van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit. Omdat Randburg en sy bure, Sandton, Roodepoort en Johannesburg geweldige groei ondervind het, het die provinsiale regering besluit om die munisipaliteite as een metropolitaanse raad saam te voeg. Gedurende die oorgangstydperk van 1996-2000 was Randburg deel van die Noordelike Metropolitaanse Plaaslike Raad.
Die tipiese inwoner van Randburg is oor die algemeen meer welgesteld as die res van Johannesburg. Die area was as 'n wit woonbuurt geklassifiseer gedurende die Apartheid-era, maar na Apartheid het die omgewing meer multikulturele inwoners gelok, alhoewel die wit Engels- en Afrikaanssprekende inwoners steeds die meerderheid vorm.[1]
Randburg is bekend vir sy oormaat winkelsentrums, insluitende Ferndale on Republic (voorheen bekend as Brightwater Commons), Crestasentrum, Northgate en die Randburg Square (voorheen bekend as die Sanlam Shopping Centre).
Woonbuurte
Randburg het baie woonbuurte. Van die groteres is:
- Aldara Park
- Bordeaux
- Boskruin
- Cresta
- Darrenwood
- Fairlands
- Ferndale
- Linden
- Olivedale
- Randparkrif
- Ruiterhof
- Windsor-Oos
- Windsor-Wes
Randburg is nie meer 'n gereguleerde area nie; die inwoners sal die grense as rofweg vanaf die suidelike voorstede van Linden, Northcliff en Cresta, tot in Olivedale en Strijdom Park na die noorde definieer.
Verwysings
- "Hoofplek Randburg". Sensus 2011.