Ramsgate, KwaZulu-Natal

Ramsgate is 'n kusdorp in die suide van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die naam Ramsgate is afkomstg van die plaas met dieselfde naam by die mond van die Bilanglolorivier. Dié naam is op sy beurt afkomstig van Ramsgate, noord van Dover van die kus van Kent, Engeland.

Vir ander plekke met die naam Ramsgate, sien Ramsgate (dubbelsinnig)
Ramsgate
Ramsgate se hoofstrand
Ramsgate se hoofstrand
Ramsgate is in KwaZulu-Natal
Ramsgate
Ramsgate
 Ramsgate se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°52′56″S 30°21′20″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUgu
MunisipaliteitRay Nkonyeni
Oppervlak
  Totaal0,83 km2 (0,32 vk. myl)
Hoogte
3 m (10 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 080
  Digtheid1 301/km2 (3 370/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense54.0%
  Indiërs/Asiërs2.0%
  Bruin mense1.9%
  Swart mense41.7%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Engels 46.0%
  Afrikaans 20.6%
  Zoeloe 16.8%
  Xhosa 13.3%
  Ander 3.3%
Poskode (strate)
4275
Poskode (posbusse)
4275
Skakelkode039

Die eerste persoon wat hom hier gevestig het was Paul Buck, 'n skilder en vioolmaker wat vir hom 'n huis aan die niemandslandkant van die rivier gebou het in 1922. Mettertyd het meer en meer geesgenote en swerwers hulle by Buck gevoeg wat gelei het tot die ontstaan van 'n vakansieoord.

Die N2 nasionale pad gaan naby die dorpie verby.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.

Verwysings

  1. "Subplek Ramsgate". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.