Ramatlabama

Ramatlabama is 'n dorpie in Noordwesprovinsie en 'n grensbeheerpos vir voertuie en treine met Botswana.

Ramatlabama
Dorpie en grenspos
Ramatlabama is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Ramatlabama
Ramatlabama
 Ramatlabama se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°38′58″S 25°34′30″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikNgaka Modiri Molema
MunisipaliteitMahikeng
Oppervlak
  Totaal18,47 km2 (7,13 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal38 297
  Digtheid2 073/km2 (5 370/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.2%
  Indiërs/Asiërs0.6%
  Bruin mense1.1%
  Swart mense98.1%
Taal (2011)
  Tswana85.1%
  Xhosa4.8%
  Zoeloe3.3%
  Engels1.7%
  Ander5.1%
Poskode (strate)
2745
Poskode (posbusse)
2745

Geskiedenis

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was dit die hoofkwartier van die Regiment van die Protektoraat. Dit is verwoes in 'n onverwagte aanval deur die Boere. Die naam is afgelei van 'n insident waarin opperhoof Montsioa 'n leeu op kort afstand doodgemaak het. Dit beteken om wydsbeen oor te gaan.[2][3] Die grenspos het dieselfde naam aan die Botswanakant.

Spoorweë

Dit is die plek waar die spoorlyn tussen Kaapstad en Bulawayo Botswana binnegaan; noord van Ramatlabama vorm die spoorlyn die hooflyn van Botswana Spoorweë, en suidoos is dit deel van Transnet Freight Rail se netwerk in Suid-Afrika.

Suid-AfrikaBotswana
StreekNoordwesSuidelik
DorpRamatlabamaRamatlabama
PadN18A1
SpoorTransnet Freight RailBotswana Railways
Koördinate25.6494°S 25.5750°O / -25.6494; 25.5750 (Ramatlabama)25.6391°S 25.5737°O / -25.6391; 25.5737 (Ramatlabama)
Besigheidsure - Reisigers06:00 - 22:0006:00 - 22:00
Besigheidsure - Algemeen07:30 - 16:15
Telefoonnommer+27 (0) 18 390 2533
Faksnommer+27 (0) 18 393 0334

[4]

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Ramatlabama". Sensus 2011.
  2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal
  3. Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
  4. (en) Departement van Binnelandse Sake - SA Grensposte
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.