Raikoke

Raikoke (Russies: Остров Райкоке; Japannees: 雷公計島, Raikoke-tō) is 'n klein onbewoonde vulkaaneiland in die sentrale gedeelte van die Koerile-argipel tussen Rusland en Japan, sowat 20 km noord van die eiland Matoea geleë. Administratief behoort Raikoke aan die Russiese Sachalin-oblast.

Die vulkaaneiland Raikoke, soos gesien vanuit die Golovnin-seestraat
Raikoke se uitbarsting in 2019 het 'n groot wolk vulkaanas in die atmosfeer uitgestoot
Raikoke
Inheemse naam: Остров Райкоке
雷公計島 Raikoke-tō
Nasa-Landsat-satellietbeeld van Raikoke-eiland
Nasa-Landsat-satellietbeeld van Raikoke-eiland
Geografie
LiggingRusland, See van Ochotsk
Koördinate48°17′31″N 153°15′04″O
ArgipelKoerile

Oppervlakte4,6 vk km
Hoogste puntRaikoke 551 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Oblast Sachalin

Demografie
BevolkingOnbewoon

Groot uitbarstings: 1924 en 2019

Raikoke was ná sy laaste uitbarsting in 1924 byna 'n eeu lank 'n sluimerende vulkaan totdat dit op 22 Junie 2019 skielik uitgebars het. Die uitbarsting was so magtig dat dit volgens die Amerikaanse ruimte-administrasie Nasa nog deur astronaute in die Internasionale Ruimtestasie teen 'n hoogte van 408 km waargeneem kon word.[1] Vulkaniese gasse en as, wat uit die 700 meter breë krater in die atmosfeer uitgestoot is, het aan sonsop- en -ondergange elders op Aarde 'n purperroi kleur gegee.[2]

Wetenskaplikes neem aan dat die eiland se flora deur die uitbarsting vernietig is. Of Raikoke se groot kolonies van ysstormvoëls en Steller-seeleeus die uitbarsting oorleef het, is onbekend.

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.