Ragel

Ragel (Hebreeus: רָחֵל, Rāḥēl) was 'n Bybelse figuur, die gunsteling van Jakob se twee vroue en die moeder van Josef en Benjamin, twee van die 12 stamvaders van die stamme van Israel. Ragel se vader was Laban. Haar ouer suster was Lea, Jakob se eerste vrou. Haar tante Rebekka was Jakob se moeder.[1]

Verwysings

  1. "Rachel", Jewish Virtual Library

Skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.