RISE Mzansi

RISE Mzansi (RISE) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in April 2023 gestig is. Dit word gelei deur Songezi Zibi, 'n voormalige koerantredakteur en medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk. Die party se ekonomiese beleid is sosiaal-demokraties.

Stigting

RISE Mzansi is op 23 April 2023 by Konstitusieheuwel in Johannesburg bekend gestel. Voormalige mederedakteur van die Financial Mail en voormalige redakteur van Business Day sowel as die medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk, Songezo Zibi, is as partyleier aangewys.[1] Die party se nasionale leierskap bestaan uit die voormalige openbare verteenwoordiger van die Demokratiese Alliansie Makashule Gana en die anti-apartheidsaktivis Ishmael Mkhabela.[2][3] Die party is van plan om die algemene verkiesing van 2024 met Zibi as die party se presidentskandidaat mee te ding.[4]

In Augustus 2023 het parlementslid Nomsa Tarabella Marchesi uit die Demokratiese Alliansie bedank en by RISE Mzansi aangesluit as die party se Vrystaatse sameroeper.[5]

Verwysings

  1. "Former editor Songezo Zibi launches Rise Mzansi". BusinessLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  2. "'Return democracy to the people': Rise Mzansi leaders say SA ripe for change". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 31 Augustus 2023.
  3. Goba, Thabiso. "Former news editor Songezo Zibi launches political party, Rise Mzansi". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  4. "'The people must govern': Songezo Zibi launches Rise Mzansi". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
  5. "DA's Nomsa Marchesi joins Rise Mzansi". HeraldLIVE (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.