R80 (Suid-Afrika)
Die R80 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Pretoria se sakekern met Soshanguve verbind. Dit is ’n dubbelpadsnelweg, met 2 tot 3 bane in elke rigting by verskillende punte.
Provinsiale roete R80 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur GDPV | ||||
Lengte | 22,6 km (14,0 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Noordpunt | M39 in Soshanguve | |||
N4 in Akasia R55 in Pretoria | ||||
Suidpunt | M1 in Pretoria | |||
Ligging | ||||
Stede | Soshanguve Pretoria | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Dit gaan deur die Theo Martinspoort, ’n bergpas oor die Magaliesberge. Die noordwaartse ryvlak het ’n stygende haarnaaldbuig en die snelweg skakel skielik oor van ’n oos-wes-ringting na ’n suid-noordrigting.
’n Wisselaar is onlangs gebou wat die pad met die N4 Noord-verbypad verbind, wat deel is van die Platinum Bakwena-tolpad.[1]
Verwysings
- (en) Falkner, John (1 Mei 2012). "South African Numbered Route Description and Destination Analysis". Nasionale Departement van Vervoer. p. 63. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 1 September 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.