R703 (Suid-Afrika)
Die R703 is 'n streeksroete in Suid-Afrika en verbind Dealesville met Clocolan. Die roete begin waar dit van die R64-provinsiale roete in Dealesville aftak en ooswaarts gaan. Dit gaan verby Soutpan en kruis die R700-streeksroete, gaan deur Brandfort waar die R30 gekruis word en kruis dan die N1-nasionale pad. Hierna gaan die roete deur Verkeerdevlei en Excelsior en deel die R709 vir 2.2 km. Dan eindig die roete in Clocolan waar dit by die R708 aansluit.
Belangrike aansluitings | ||||
---|---|---|---|---|
Wespunt | ![]() | |||
![]() ![]() ![]() ![]() | ||||
Oospunt | ![]() | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Soutpan Brandfort Verkeerdevlei Excelsior | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.