R525 (Suid-Afrika)
Die R525 is 'n streeksroete wat die N1-nasionale pad 57 km noord van Louis Trichardt met die Pafuri-grenspos verbind. Die roete begin waar dit van die N1 aftak, noord van Masekwaspoort. Die roete gaan oos en deur Tshipise, waar die R508-streeksroete aftak. Die roete gaan verder oos, deur Masisi, deur die Pafurihek van die Krugerwildtuin tot by die Pafuri-grenspos op die Mosambiekgrens waar dit eindig.
Belangrike aansluitings | ||||
---|---|---|---|---|
Wespunt | ![]() | |||
![]() | ||||
Oospunt | Pafuri-grenspos | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Tshipise Masisi | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.