R400 (Suid-Afrika)
Die R400 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die R75-provinsiale pad, 26 kilometer oos van Jansenville, met die R350, oos van Riebeeck-Oos, verbind. Vyftien kilometers vanaf die begin van die roete gaan die pad deur Waterford, net hierna gaan dit verby die Darlingtondam, wat die versonke dorpie Darlington bedek. Hierna kruis die roete die R335 en dan later die N10-nasionale pad. Hierna gaan die roete deur Riebeeck-Oos en eindig by die R350-streeksroete.
Streeksroete R400 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Noordpunt | R75 naby Jansenville | |||
R335 N10 | ||||
Suidpunt | R350 Riebeeck-Oos | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Waterford Darlingtondam | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.