Río Mamoré
Die Río Mamoré (Portugees: Rio Mamoré) is saam met die Río Madre de Dios een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 930 km, vloei deur Noordoos-Bolivië en Wes-Brasilië.

Satellietbeeld van die Río Mamoré se verloop in Bolivië
Río Mamoré | |
---|---|
![]() Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond). | |
![]() Die stroomgebied van die Río Mamoré. | |
Oorsprong | saamvloei van Río Chapare en Río Ichilo (Bolivië) |
Monding | saamvloei met die Río Madre de Dios naby Guayaramerín (Bolivië en Brasilië) |
Stroomgebied | Bolivië en Brasilië (Rondônia) |
Lengte | 1 930 km (1 199 myl)[1] |
Mondinghoogte | 110 m (361 voet) |
Gemiddelde afloop | 8 200 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 650 000 km² |
![]() Kaart van die Río Mamoré-bekken in Bolivië. |
Die Río Mamoré ontstaan deur die saamvloei van Río Chapare en Río Ichilo. Aansluitend vloei die rivier deur Trinidad. Verder noord bereik die Río Mamoré die grens van Brasilië, waar die Rio Guaporé, die rivier se grootste sytak, uitmond. 'n Wyle later vloei die rivier saam met die Río Madre de Dios, wat uit 'n westelike rigting kom, om die hoofloop van die Rio Madeira te vorm.
Sytakke
Die grootste sytakke (stroomaf):[2]
- Río Grande (regs)
- Río Secure (links)
- Río Tijamuchi (links)
- Río Apere (links)
- Río Yacuma (links)
- Rio Guaporé (regs)
- Río Yata (links)
Verwysings
- (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 31 Julie 2015.
- (de) Kümmerly+Frey Rand McNally: Internationaler Atlas. Georg Westermann Verlag. ISBN 3-07-508962-1
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Río Mamoré.
- (en) "Mamoré River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.