Quelea
Quelea is 'n klein genus van sangvoëls wat aan die Wewerfamilie, Ploceidae, behoort. Hierdie voëls kom net in Afrika voor. Hulle is klein mossie- of vinkagtige voëltjies wat in groepe leef. Hulle snawels is vir die vreet van sade aangepas. Kwelea's kan oor groot afstande nomadies wees. Die rooibekkwelea is moontlik die mees talryke voëlspesie ter wêreld.[1]
Quelea | |
---|---|
'n Swerm rooibekkweleas. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Quelea L. Reichenbach, 1850 |
Spesies | |
Taksonomie
Daar is drie spesies:
- Kardinaalkwelea, Quelea cardinalis
- Rooikopkwelea, Quelea erythrops
- Rooibekkwelea, Quelea quelea
Sien ook
Verwysings
- Sekercioglu, Cagan Hakki (2006). "Foreword". In Josep del Hoyo, Andrew Elliott & David Christie (red.). Handbook of the Birds of the World, Volume 11: Old World Flycatchers to Old World Warblers. Barcelona: Lynx Edicions. p. 48. ISBN 84-96553-06-X.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.