Queen’s Park-ovaal
Die Queen’s Park-ovaal is 'n sportstadion in Port of Spain, Trinidad en Tobago, wat meestal vir krieketwedstryde gebruik word. Dit het in 1896 geopen. Dit word privaat besit deur die Queen’s Park-krieketklub en is tans die tweede grootste kapasiteitkrieketveld in die Wes-Indiese Eilande met sitplek vir ongeveer 20 000.[1]
Queen’s Park-ovaal | ||
Bynaam | The Oval | |
---|---|---|
Ligging | Port of Spain, Trinidad en Tobago | |
Koördinate | 10°40′2.59″N 61°31′25.32″W | |
Eienaar | Queen’s Park-krieketklub | |
Kapasiteit | 20 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1896 | |
Huurders | ||
Trinidad en Tobago (1896–hede) Trinbago Knight Riders (2013–hede) |
Dit het meer toetswedstryde as enige ander veld in die Karibiese Eilande aangebied met 60 sedert Januarie 2018, en het ook 'n aantal Internasionale eendagwedstryde (EDIs) aangebied, insluitende heelwat Wêreldreekskrieketwedstryde in 1979 en ses wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 2007. Die Trinidad en Tobago-krieketspan speel die meeste van hul tuiswedstryde op die veld,[2] en dit is die tuisveld van die Karibiese Premierliga-span Trinbago Knight Riders.
Menige spelers, joernaliste en kritici beskou dit as een van die mees skilderagtige krieketvelde,[2][3][4][5] Die stadion het die eerste keer 'n toetswedstryd in Februarie 1930 aangebied toe Engeland deur die Karibiese Eilande getoer het, hoewel dit voorheen ook 'n gasheer was vir heelparty eersterangse toere, so vroeg as die 1897-toer onder Lord Hawke.[2] Die paviljoen dateer terug na 1896, al was daar uitgebreide opknappings in die 1950's en in 2007 voor die krieketwêreldbekertoernooi en ná 'n aardbewing.[6][7] Die "Concrete Stand" is herdoop na die "Learie Constantine Stand" ter erkenning aan 'n voormalige Wes-Indiese krieketspeler. Die eerste eendagwedstryd op die veld is in Maart 1983 gespeel, en die eerste T20I in 2009.[2]
Bo en behalwe die hoofkrieketstadion sluit die fasiliteit 'n gimnasium, binne- en buite-krieketoefennette, twee muurbalbane en twee tennisbane in. Die krieketveld is ook gebruik om verskeie plaaslike en internasionale sokkerwedstryde, asook musiekgeleenthede aan te bied.
Wedstryde
Krieketwêreldbeker 2007
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2007.
Sri Lanka 321/6 (50 boulbeurte) |
t |
Bermuda 78 (24.4 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 85 (90) Saleem Mukuddem 2/50 (10 boulbeurte) |
Lionel Cann 28 (32) Farveez Maharoof 4/23 (7 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Indië 191 (49.3 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 192/5 (48.3 boulbeurte) |
Sourav Ganguly 66 (129) Mashrafe Mortaza 4/38 (9.3 boulbeurte) |
Mushfiqur Rahim 56* (107) Munaf Patel 2/39 (8.3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Indië 413/5 (50 boulbeurte) |
t |
Bermuda 156 (43.1 boulbeurte) |
Virender Sehwag 114 (87) Delyone Borden 2/30 (5 boulbeurte) |
David Hemp 76* (105) Ajit Agarkar 3/38 (10 boulbeurte) |
- Bermuda het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Sri Lanka 318/4 (50 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 112 (37 boulbeurte) |
Sanath Jayasuriya 109 (87) Mohammad Rafique 1/48 (10 boulbeurte) |
Mohammad Ashraful 45* (63) Lasith Malinga 3/27 (6 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd verkort as gevolg van reën; Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 311 lopies in 46 boulbeurte vir Bangladesj.
Sri Lanka 254/6 (50 boulbeurte) |
t |
Indië 185 (43.3 boulbeurte) |
Upul Tharanga 64 (90) Zaheer Khan 2/49 (10 boulbeurte) |
Rahul Dravid 60 (82) Muttiah Muralitharan 3/41 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Bermuda 94/9 (21 boulbeurte) |
t |
Bangladesj 96/3 (17.3 boulbeurte) |
Dean Minors 23 (25) Abdur Razzak 3/20 (4 boulbeurte) |
Mohammad Ashraful 29* (32) Saleem Mukuddem 3/19 (5 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort weens reën tydens Bermuda se kolfbeurt tot 21 boulbeurte. Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 96 lopies vir Bangladesj.
Verwysings
- (en) Vinode Mamchan (27 Julie 2015). "Bonus $$ for Steel". The Trinidad Guardian Newspaper. Besoek op 18 Mei 2023.
- (en) "Queen's Park Oval". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Mei 2023.
- (en) Geoff Boycott (2006). Boycott: The Autobiography. Pan Macmillan. p. 81. ISBN 0-330-44737-8.
- (en) Scyld Berry (4 Desember 2012). "Queen's Park Oval — Scyld Berry's top five Test cricket grounds". The Daily Telegraph. Besoek op 18 Mei 2023.
- (en) Henry Beckles en Brian Stoddart, red. (1999). Liberation Cricket: West Indies Cricket Culture. Manchester University Press. p. 141. ISBN 0-7190-4315-8.
- (en) "Queen's Park Oval pavilion unveiled". ESPNcricinfo. 8 Februarie 2007. Besoek op 18 Mei 2023.
- (en) "Earthquake shakes Antigua and Trinidad". ESPNcricinfo. 27 Februarie 2007. Besoek op 18 Mei 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Queen’s Park-ovaal.
- (en) Queen’s Park-ovaal op ESPNcricinfo