Qinghai

Qinghai (Chinees: 青海, [tɕʰíŋxài̯], ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China, geleë in die noordweste van die land. In 2010 het dit 'n bevolking van 5 626 722 gehad.

Die woord "Qinghai" in Chinese karakters
Qinghai

青海省 (Chinees)
Die Hoh Xil-streek, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, Qinghai
Die Hoh Xil-streek, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied, Qinghai
Ligging van Qinghai in die Volksrepubliek China
Ligging van Qinghai in die Volksrepubliek China
Koördinate: 35°0′0″N 96°0′0″O
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
HoofstadXining
Grootste stadXining
Regering
  TipeRegering van Qinghai
  SekretarisWang Jianjun
  GoewerneurXin Changxing
Oppervlak
  Totaal720 000 km2 (280 000 vk. myl)
Bevolking
  Totaal5 626 722
  Digtheid7,8/km2 (20/vk. myl)
  Rang
30ste
TydsoneUTC+08:00 (SST)
Etniese groepeHan (54%), Tibettane (21%), Hui (16%), Tu (4%), Mongole (1,8%), Salare (1,8%)
Webwerfwww.qh.gov.cn

As een van die grootste provinsie-vlak administratiewe afdelings van China, is die provinsie die vierde grootste in oppervlak, maar het die derde kleinste bevolking. Dit is grotendeels geleë op die Tibettaanse plato, en die provinsie was lank 'n smeltkroes vir 'n aantal etniese groepe soos die Han, Tibettane, Hui, Tu, Mongole en Salare.

Qinghai grens aan Gansu in die noordooste, Xinjiang in die noordweste, Sichuan in die suidooste, en die outonome streek Tibet in die suidweste. Qinghaiprovinsie is in 1928 gestig tydens die tydperk van die Republiek China, toe dit regeer is deur Chinese Moslemkrygshere bekend as die "Ma-kliek".

Die Chinese naam, "Qinghai" is 'n vernoeming van Qinghai-meer, die grootste meer in China. Die provinsie het voorheen bekendgestaan as Kokonor in Engels, afgelei van die Oirat-naam vir die Qinghai-meer.

Verwysings

  1. (en) "Qinghai Province". Qinghai Province Department of Commerce. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 5 Augustus 2013.
  2. (en) "Communiqué of the National Bureau of Statistics of People's Republic of China on Major Figures of the 2010 Population Census [1] (No. 2)". National Bureau of Statistics of China. 29 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 4 Augustus 2013.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.