Ptolemeus V Epiphanes
Ptolemeus V Epiphanes (bewind: 204–181 v.C.) was die vyfde koning van Antieke Egipte se Ptolemeïese Ryk. Hy was die seun van Ptolemeus IV Philopator en sy vrou, Arsinoe III, en het in 204 v.C. op vyfjarige ouderdom aan die bewind gekom ná sy pa se dood. ’n Reeks regente het die ryk lamgelê.
Ptolomeus in hiërogliewe |
---|
Ptolemeus V Epiphanes | ||||
Ptolemaeus, Ptolemaios | ||||
’n Muntstuk uitgereik deur Ptolemeus V (Britse Museum). | ||||
Koning van Egipte | ||||
Periode | 204–181 v.C. | |||
Voorganger | Ptolemeus IV Philopator | |||
Opvolger | Ptolemeus VI Philometor | |||
Vader | Ptolemeus IV Philopator | |||
Moeder | Arsinoe III | |||
|
’n Opstand wat in 197 v.C. begin het, is wreed onderdruk; in sommige weergawes word Epiphanes self as ’n tiran beskryf. Die oorlog tussen noord en suid sou tot in 185 v.C. duur.
Op die broemde Rosettasteen en ander steles is Ptolemeus V se bewind in drie tale bevestig en is aangekondig dat hy ’n god geword het.[1] Die Rosettasteen sou linguiste later help om Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer.
Sy oudste seun, Ptolemeus VI Philometor (181–145 v.C.), het hom as kind opgevolg onder die regenstakp van sy ma, Cleopatra I.
Verwysings
- British Museum. "History of the World in 100 Objects:Rosetta Stone" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2018. Besoek op 18 Augustus 2014.
Bronne
- Bevan, Edwyn Robert (1927). A History of Egypt Under the Ptolemaic Dynasty. Methuen. OCLC 876137911.
- Clayton, Peter A. (2006). Chronicles of the Pharaohs: The Reign-by-Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt. Thames & Hudson. ISBN 0-500-28628-0.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia