Ptolemeus III Euergetes
Ptolemeus III Euergetes (bewind: 246–222 v.C.) was die derde koning van Antieke Egipte se Ptolemeïese Ryk.
Ptolemeus III Euergetes | ||||
Ptolemeus, Ptolemaios | ||||
![]() | ||||
’n Goue muntstuk met Ptolemeus III se kop wat deur sy seun, Ptolemeus IV, laat munt is. | ||||
Koning van Egipte | ||||
Periode | 246–222 v.C. | |||
Voorganger | Ptolemeus II Philadelphus | |||
Opvolger | Ptolemeus IV Philopator | |||
Vader | Ptolemeus II Philadelphus | |||
Moeder | Arsinoe I | |||
|
![](../I/HermesPtolemy.jpg.webp)
’n Standbeeld van Ptolemeus III as Hermes.
Hy was die oudste seun van Ptolemeus II Philadelphus en sy eerste vrou, Arsinoe I, en het in 246 v.C. aan die bewind gekom ná sy pa se dood. Hy was met Berenike II getroud.
Ptolemeus III was verantwoordelik vir die eerste bekende voorbeeld van ’n reeks verordeninge wat hy in twee tale laat publiseer het. Dit is in 218 v.C. opgevolg deur die Verordening van Memphis van sy seun, Ptolemeus IV, en in 196 v.C. deur die beroemde Rosettasteen van sy kleinseun, Ptolemeus V.
Bronne
- Clayton, Peter A. (2006). Chronicles of the Pharaohs: the reign-by-reign record of the rulers and dynasties of ancient Egypt. Thames & Hudson. ISBN 0-500-28628-0.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.