Pseudochromidae

Die Spikkelrûe (Pseudochromidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit vier sub-families:

  • Pseudochrominae
  • Congrogadinae - Die subfamilie was eers geklassifiseer as 'n onafhanklike familie.
  • Anisochrominae - een genus en vier spesies.
  • Pseudoplesiopinae - vyf genera en twintig spesies.

Pseudochromidae
Manonichthys splendens
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Pseudochromidae
Subfamilies

Anisochrominae
Congrogadinae
Pseudochrominae
Pseudoplesiopinae

Sub-familie: Pseudochrominae

Kenmerke

Die sub-familie bestaan uit sewe genera en tagtig spesies waarvan sewe aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf is lank met 'n lang dorsale vin en die stertvin is bolrond. Die grootte wissel van 3 - 12  cm.

Habitat

Die sub-familie bly in koraal- en rots riwwe tot op dieptes van 30 cm. Die genus Pseudochromis lê 'n sak eiers in 'n leë gat of onder 'n oorhang wat deur die mannetjie opgepas word.

Genus

Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Pseudochromis

Sub-familie: Congrogadinae

Kenmerke

Die subfamilie bestaan uit agt genera en twee en twintig spesies waarvan vyf aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf, dorsale-en analevinne is lank. Die pektorale vinne is kort en die bekken vinne is klein en ontbreek by party spesies. Die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die grootte wissel van 5 – 50 cm.

Habitat

Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe.

Genus

Die volgende genus en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:

  • Halidesmus
  • Halimuraena
  • Halimuraena shakai
  • Natalichthys
  • Natalichthys leptus
  • Natalichthys ori
  • Natalichthys sam

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.