Pseudobarbus
Pseudobarbus (Rooivlerkies) is 'n genus van visse wat aan die familie Cyprinidae behoort. Hierdie genus kom slegs voor in die Kaapse Plooiings- en die Drakensberge. Alle volwasse visse het rooi kolle op die basis van die vinne. Die mannetjies se kleur is helderder en het langer vinne. Alle spesies het ten minste een paar 'baarde' onder die mond. Die voortbestaan van al die spesies word bedreig.
Pseudobarbus | |
---|---|
Burchell se rooivlerkie (P. burchelli) van die Breederivier. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Superfamilie: | Cyprinioidea |
Familie: | |
Subfamilie: | Barbinae (maar sien teks) |
Genus: | Pseudobarbus A. Smith, 1841 |
Spesies | |
Sien teks. |
Spesies
Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika:
- Pseudobarbus afer - Oos-Kaapse rooivlerkie
- Pseudobarbus asper - Kleinskub-rooivlerkie
- Pseudobarbus burchelli - Burchell se rooivlerkie
- Pseudobarbus burgi - Bergrivier-rooivlerkie
- Pseudobarbus phlegethon - Vurige rooivlerkie
- Pseudobarbus quathlambae - Maloti-rooivlerkie
- Pseudobarbus tenuis - Slankrooivlerkie
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.