Protium

Protium is 'n isotoop van waterstof wat slegs een nukleoon bevat - 1 proton en geen neutrone. Sy kern word die proton genoem. Dit word ook soos volg geskryf: 11H of slegs 1H.

Eienskappe

Algemeen

NaamProtium 
 
Protone1 
Neutrone0 
Kernspin½ 

Status

Statusstabiel 
Relatiewe voorkoms99,9885%  

Neutrondiffraksie

koh. lengte-3,7390 fm  
inkoh. lengte25,274 fm  
koh. deursnee1,7583 barn  
inkoh. deursnee80,27 barn  
absorpsiedeurnee[1]0,3326 barn  

Navigasie

11H
10n21H32He
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika

Suiwer protiumgas word dikwels eenvoudig as H2 geskryf of as 1H2. Dit kom in twee vorms voor orto- en para-waterstof wat in die kernspins van die twee protone verskil.

Die relatiewe aanwesigheid van protium in waterstof is baie hoog en daar word gewoonlik net van waterstof gepraat. Die term protium word min gebruik behalwe as mens die verskil met deuterium wil benadruk.

Verwysings

  1. Vir neutrone met snelheid 2200 m/s

Kyk ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.