Gladde-blaarsuikerbos

Die gladde-blaarsuikerbos (Protea laevis) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom vanaf die Sederberg tot die Hexrivierberge en Waboomsberg voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die plant is plat en word 80 cm in deursnee en blom van September tot Februarie met die hoogtepunt van September tot November.

Gladde-blaarsuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. laevis
Binomiale naam
Protea laevis
R.Br., 1810
Sinonieme
  • Protea elongata R.Br.
  • Protea longifolia Salisb.
  • Protea zeyheri E.Phillips
  • Scolymocephalus elongatus (R.Br.) Kuntze
  • Scolymocephalus laevis (R.Br.) Kuntze

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en een tot twee jaar na dit geblom vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte, muise en voëls. Die plant groei in droë, rotsagtige lyste op hoogtes van 1 000-1 800 m.

In Engels staan dit as die Smooth-leaf Sugarbush bekend.

Sien ook

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.