Profesie
Profesie is die verkondiging van godsdienstige voorspellings deur persone wat hulself as die gestuurdes van 'n godheid beskou. Profete (afgelei van die Oud-Griekse pro-phetes "voorspreker", "afgesant") legitimeer hul verkondiging – in teenstelling met rasioneel gebaseerde voorspellings en waarseggings – met 'n spesifieke opdrag wat 'n godheid aan hulle gegee het. Hulle maak daarop aanspraak dat hulle hierdie opdrag deur intuïsie of 'n visie ontvang het om dit in die openbaar te verkondig.
Profesie is 'n bekende en ingewikkelde fenomeen wat hoofsaaklik uit die Ou Nabye Ooste oorgelewer is en waardeur veral die Abrahamitiese monoteïstiese godsdienste gekenmerk word.[1] Profesieë is aanvanklik mondeling bekend gemaak, maar later in baie gevalle opgeteken om aan latere geslagte oorgedra te word. Hulle fokus nie slegs op toekomstige gebeure nie, maar oefen dikwels ook kritiek aan die verlede of teenswoordige tyd van hul adressate. Na enkele voorspellings van 'n profeet word as profesie, voorspelling of belofte verwys.
Profete in verskillende godsdienste
- Abraham vir Abrahamitiese gelowe (ca. 20ste eeu v.C.).
- Zoroaster vir Zoroastrisme (ca. 18de tot 17de eeu v.C.).
- Moses vir Judaïsme (ca. 13de en 12de eeu v.C.).
- Laozi vir Taoïsme (ca. 6de eeu v.C.).
- Siddhartha Gautama vir Boeddhisme (ca. 6de eeu v.C.).
- Mahavira vir Djainisme (ca. 4de eeu v.C.).
- Jesus Christus vir Christendom (vroeë 1ste eeu).
- Mani vir Manigeïsme (216 tot 277).
- Mohammed vir Islam (6de en 7de eeu).
- Guru Nanak Dev vir Sikhisme (1499–1539).
- Joseph Smith vir Mormonisme (1830–1844).
- Bab vir Babisme (1844–1850).
- Baha'u'llah vir Baha'i-geloof (1853 tot 1892).
Die term word daarnaas soms ook vir die stigters van ander religies gebruik:
- Die politeïstiese Hindoeïsme (Krisjna).
Verwysings
- Hans Küng: Der Islam. München-Zürich: Piper 2004, bl. 166
Bronne
- (de) Matthias Riedl, Tilo Schabert: Propheten und Prophezeiungen. Königshausen & Neumann, 1. Auflage 2005, ISBN 3-8260-2253-X
- (de) Walter A. Koch: Prophetie und astrologische Prognose. Karl Rohm, Lorch 1998, ISBN 3-87683-215-2
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Profesie.
- (en) "Prophecy". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Augustus 2019.
Profete van Islam, soos in die Koran genoem. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|