Prinses Helena van die Verenigde Koninkryk
Prinses Helena (Helena Augusta Victoria: Prinses Christian van Sleeswyk-Holstein deur haar huwelik;[1] 25 Mei 1846 – 9 Junie 1923) was die derde dogter en vyfde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha.
Prinses Helena | |
---|---|
Prinses Christian van Sleeswyk-Holstein | |
Volle naam | Helena Augusta Victoria |
Eggenoot | Prins Christian van Sleeswyk-Holstein |
Kinders | Prins Christian Victor Albert, Hertog van Sleeswyk-Holstein Prinses Helena Victoria Prinses Marie Louise Prins Harold |
Titels | HKH prinses Christian HKH prinses Christian van Sleeswyk-Holstein HKH prinses Helena |
Huis | Oldenburg Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 25 Mei 1846; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 9 Junie 1923; Schomberg House, Londen |
In die vroeë 1860's het Helena ’n flirtasie met prins Albert se bibliotekaris, Carl Ruland, begin. Hoewel die aard daarvan onbekend is, het Helena se romantiese briewe aan hom bewaar gebly.[2] Toe die koningin in 1863 daarvan uitvind, het sy Ruland afgedank en hy het na sy vaderland, Duitsland, teruggekeer. Drie jaar later, op 5 Julie 1866, is Helena getroud met die verarmde Duitse prins Christian van Sleeswyk-Holstein.
Helena was die aktiefste lid van die koningshuis. Sy het ’n vol program van koninklike afsprake gehad in ’n tyd toe daar nie van koninklikes verwag is om dikwels in die openbaar te verskyn nie. Sy was aktief by liefdadigheidsorganisasies betrokke en was ’n stigterslid van die Rooi Kruis. Sy was in 1916 die eerste lid van die familie wat haar 50ste huweliksherdenking gevier het, maar haar man is ’n jaar later dood. Helena is ses jaar later, op 19 Junie 1923, op die ouderdom van 77 in Schomberg House dood.
Eksterne skakels
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Princess Helena of the United Kingdom
- Nadat koning George V in 1917 afstand gedoen het van sy familie se Duitse titels en aanspreekvorms, het die egpaar bloot prins en prinses Christian geword sonder enige verwysing na ’n gebied.
- Chomet, p. 6
- Bennet, D., Queen Victoria's Children (Gollancz, Londen, 1980)
ISBN 0-57502-690-1
- Chomet, Seweryn, Helena: A princess reclaimed (Begell House, New York, 1999)
ISBN 1-56700-145-9
- Packard, Jerrold M., Victoria's Daughters (St Martin's Griffin, New York, 1998)
ISBN 0-312-24496-7
- Van der Kiste, John, Queen Victoria's Children (Sutton Publishing, Gloucester, 2006)
ISBN 0-7509-3476-X