Prins-Charles-eiland

Prins-Charles-eiland (Engels: Prince Charles Island), die wêreld se 77ste grootste eiland en die 19de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 9 521 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Prins-Charles-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel en lê net wes van Baffin-eiland; verder wes is die Melville-skiereiland geleë. Die eiland is in 1932 deur W. A. Poole ontdek, in 1948 deur Albert-Ernest Tomkinson herontdek en genoem na Charles III, wat in dié jaar gebore is.

Prins-Charles-eiland
Inheemse naam: Prince Charles Island
Nasa-Satellietbeeld van die Prins-Charles-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Prins-Charles-eiland
Geografie
LiggingNoord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate67°47′N 76°12′W
ArgipelKanadese Arktiese Argipel

Oppervlakte9 521 vk km
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Nunavut

Demografie
Bevolking0

Die wêreld se 77ste grootste eiland en die 19de grootste eiland van Kanada
Ligging van die Prins-Charles-eiland

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prins-Charles-eiland.
  • (en) "Prince Charles Island". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 10 Mei 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.