Princeton, New Jersey

Princeton is 'n stad in die deelstaat New Jersey, ongeveer 16 km noordoos van Trenton. Die eerste families het hulle in 1669 reeds hier gevestig, die nedersetting is eers Stony Brook genoem. In 1724 is die nedersetting hernoem tot Prince'e Town en later tot Princeton.

Nassau Street, Princeton se hoofstraat

Princeton

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat New Jersey
 County Mercer
 Koördinate 40°21′N 74°39′W
 Stigting 1669
 Geïnkorporeer op 1 Januarie 2013
 Oppervlakte:  
 - Totaal 47,56 vk km
 Hoogte bo seevlak 58 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 29 008
 - Bevolkingsdigtheid 600/vk km
 Tydsone EST (UTC -5)
 Somertyd EDT (UTC -4)
 Burgemeester Liz Lempert
 Amptelike Webwerf princetonnj.gov

Gedurende 1756 is die Kollege van New Jersey verskuif van Newark na Princeton en na 1896 het dit bekend geword as die Universiteit van Princeton.

Die eerste regering van die Verenigde State is ook in die munisipaliteit borough van Princeton georganiseer in 1776 en hulle het hier ook vir die eerste keer bymekaar gekom in die somer van 1777. George Washington het ook 'n Britse Mag oorwin tydens die Slag van Princeton in Januarie 1777.

Princeton was ook die hoofstad van die Verenigde State vanaf Junie 1783 tot November 1783 nadat die Kongres Philadelphia verlaat het uit vrees vir optrede van soldate wat nie betaal was nie. Vir drie maande tydens die gebeure het George Washington in 'n huis by die naby geleë Rocky Hill gebly. Die huis word bewaar. Princeton het dorpstatus in 1813 en stadstatus in 1838 verkry.

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 378.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.