Prince Alfred's Guard
Prince Alfred's Guard is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Pantserkorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Port Elizabeth. Dit bestaan sedert 1856 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer.
Prince Alfred's Guard | |
---|---|
Gestig | 19 September 1856 |
Land | Suid-Afrika |
Weermagdeel | Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag |
Tipe | Ligte infanterie |
Hoofkwartier | Fort iKapa |
Aantal lede | Reserwe regiment |
Veldslae | Suid-Afrikaanse Grensoorlog, Tweede Vryheidsoorlog |
Geskiedenis (Chronologie)
1850's
- Die Port Elizabeth Volunteer Rifles word in 1856 gestig - een van talle vrywilligereenhede wat destyds in die Kaapkolonie gestig is.
1860's
- Voorsien Prins Alfred met 'n erewag tydens sy besoek in 1860 en word daarna 'Prince Alfred's Volunteer Guard' genoem.
1870's
- 9de Grensoorlog (1877-78) - aktiewe diens in Transkei, insluitend die slag van Msintsana ('Umzintzani').
1880's
- Gewere-oorlog (1880-81) - aktiewe diens in Basoetoland.
1890's
- Betsjoeanaland-veldtog (1897) - aktiewe diens in noord-Kaapland.
- Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) - aktiewe diens in oos-Kaapland.
1900's
- Ontvang in 1904 'n Koningsvaandel ter erkenning van sy diens in die oorlog.
1910's
- Ingelyf by die burgermag van die nuwe Unie Verdedigingsmagte in 1913 as die '3de Infanterie (Prince Alfred's Guard)' - diensplig bly vrywillig.
- Het nie aktiewe diens tydens die Eerste Wêreldoorlog verrig nie.
1930's
- Naam verander na 'Prince Alfred's Guard' in 1932.
1940's
- Omskep in 'n pantserregiment in 1943.
- Italiaanse-veldtog (1944-45) - aktiewe diens met die 11de SA Pantserbrigade in Italië, insluitend die slagte van Celleno, Florence, die Gotiese-linie, en die deurbraak na die Po-vallei.
1950's
- Die vrywillige diensstelsel eindig in 1952 - vanaf 1952 tot 1967 is burgers vir diensplig geloot.
1960's
- Vanaf 1968 tot 1993 is burgermagdiens verpligtend ('nasionale diensplig').
1970's
- Angola-veldtog (1975-76) - aktiewe diens in Angola.
- Grensoorlog - verskeie operasionele diensbeurte in noordelike Suidwes-Afrika en suidelike Angola.
1980's
- Noodtoestand (1985-90) - verskeie keer vir binnelandse veiligheidsdienste opgeroep.
1990's
- Sedert 1994 is militêre diens weer vrywillig.
- Toe die burgermag na 1994 in die reserwemag omskep is word PAG 'n reserwemageenheid.
Gevegsonderskeidings
- Gaika-Gcaleka 1877-78; Transkei 1877-78; Umzintzani
- Basutoland 1880-81
- Bechuanaland 1897
- South Africa 1899-1902
- Italy 1944-45; Celleno; Florence; The Greve; Gothic Line; Po Valley.
Verwysings
- Orpen, N.D. (1967). Prince Alfred's Guard 1856-1966.
- Stirling, J. (1907). The Colonials in South Africa 1899-1902.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.