Priabonium

Die Priabonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Eoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Neogeen Mioseen Aquitanium jonger
Paleogeen Oligoseen Chattium 23,03–28,1
Rupelium 28,1–33,9
Eoseen Priabonium 33,9–38,0
Bartonium 38,0–41,3
Lutetium 41,3–47,8
Ipresium 47,8–56,0
Paleoseen Tanetium 56,0–59,2
Selandium 59,2–61,6
Danium 61,6–66,0
Kryt Laat Maastricht ouer
Die verdeling van die Paleogeen (IKS).

Die tydperk was van sowat 38 tot 33,9 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Bartonium en gevolg deur die Rupelium.

Naam en definisie

Die Priabonium is in 1893 deur die Franse geoloë Ernest Munier-Chalmas en Albert de Lapparent genoem na Priabona in die Italiaanse gemeente Monte di Malo naby Vicenza.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die nannoplankton Chiasmolithus oamaruensis en die bokant deur die uitsterwing van die Foraminifera Hantkenina. Dié gebeurtenis het plaasgevind kort voor ’n groot verandering in die soogdier-fauna van Europa en Asië, wat gepaard gegaan het met ’n massauitwissing.

Verwysings

  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.