Pretville
Pretville is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 November 2012 in fliekteaters landswyd begin draai het. Die rolprent het in sy openingsnaweek meer as R900 000 verdien.[1]
Pretville | |
---|---|
Regisseur | Linda Korsten |
Produksieleier | Paul Kruger |
Met | Marlee van der Merwe Eugene Jensen Annette Engelbrecht Terence Bridgett Emo Adams Jakkie Louw Steve Hofmeyr Lizz Meiring Liesl du Toit |
Musiek deur | Machiel Roets |
Ateljee | Hartiwood Films |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste |
Die rolprent handel oor 'n klein fiktiewe dorpie in die laat 1950's wat in die harte van alle Suid-Afrikaners lê. Hier is alles moontlik en allerhande interessante dinge gebeur. Pretville is die blyplek van ʾn paar bekende akteurs en sangers, maar daar is ook nuwe intrekkers met nuwe, vars talent. Die dorp doen sy naam gestand en daar is altyd 'pret' in Pretville!
Genre
Die rolprent is 'n musiekblyspel.
Hoofrolspelers
- Marlee van der Merwe as Serah Somers
- Eugene Jensen as Dawid de Witt
- Annette Engelbrecht as Ouma Sarie
- Terence Bridgett as Pierre Lukuveer
- Emo Adams as Jakkie
- Jakkie Louw as Bennie
- Steve Hofmeyr as Eddie Elektriek
- Lizz Meiring as Lollie le Roux
- Willem Botha
- Liesl du Toit as die verpleegster, Santjie
- Hykie Berg as Meyer Labuschagne
En andere.
Verwysings
- Pretville verdien groot by loket, Nuus24, besoek op 27 November 2012
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.